
Welkom
Akkommodasie in Koro Creek
Waterberg Gaste Woning is luukse, 4 ster bekostigbare akkommodasie in Koro Creek Bosveldlandgoed. Ons is gevestig in Nylstroom (Modimolle), in die Waterberg area, 90 minute van Gauteng en 28km van Warmbad (Bela-Bela). Waterberg Gaste Woning is die ideale familie wegbreek vir golf en natuurliefhebbers.
Koro Creek is ‘n romantiese en rustige vakansie destinasie met ‘n 18 putjie golfbaan met klubhuis en Golfwinkel net Noord van Warmbad. Daar is vele ander golfbane ook in die omgewing naamlik Euphoria, Elements, Zebula Country Club, Mabalingwe, ens.

Koro Creek Golflandgoed het ook ‘n 900 hektar natuur reservaat (wildsplaas) waar wild soos Kudu, Zebra, Wildebeeste, Ratels, Impala, Duikers, Njalas, Elande, Gemsbokke, Kameelperde, vlakvarke, ens besigtig kan word.
Waterberg Gastewoning het ‘n braaiarea op die stoep en ‘n boma in die tuin. Daar’s ook ‘n balkon wat uitkyk oor die lieflike waterberge en asemrowende sonsondergange.
Mens kan heerlik ontspan langs die swembad. Die huis is ruim met ‘n gimnasiumtoestel, ‘pool’ tafel, DSTV, mikrogolfoond, gasstoof, elektriese oond, yskas, ens. Die huis is gemaklik en smaakvol gemeubileer en toegerus vir selfsorg met beddegoed, handoeke, kombuistoebehore, ens. Slegs swemhandoeke moet saamgebring word.
Die landgoed is baie veilig met 24uur sekuriteit, ‘n elektriese heining en streng beheerde toegang.
Buitemuurse aktiwiteite sluit in wildritte, natuuruitstappies, bergfietsry, tennis, golfbaan, golfwinkel en klubhuis, voelkyk, swem.
Lees Meer...