Welkom
Akkommodasie in Koro Creek
Waterberg Gaste Woning is luukse, 4 ster bekostigbare akkommodasie in Koro Creek Bosveldlandgoed. Ons is gevestig in Nylstroom (Modimolle), in die Waterberg area, 90 minute van Gauteng en 28km van Warmbad (Bela-Bela). Waterberg Gaste Woning is die ideale familie wegbreek vir golf en natuurliefhebbers.
Koro Creek is ‘n romantiese en rustige vakansie destinasie met ‘n 18 putjie golfbaan met klubhuis en Golfwinkel net Noord van Warmbad. Daar is vele ander golfbane ook in die omgewing naamlik Euphoria, Elements, Zebula Country Club, Mabalingwe, ens.
Koro Creek Golflandgoed het ook ‘n 900 hektar natuur reservaat (wildsplaas) waar wild soos Kudu, Zebra, Wildebeeste, Ratels, Impala, Duikers, Njalas, Elande, Gemsbokke, Kameelperde, vlakvarke, ens besigtig kan word.
Waterberg Gastewoning het ‘n braaiarea op die stoep en ‘n boma in die tuin. Daar’s ook ‘n balkon wat uitkyk oor die lieflike waterberge en asemrowende sonsondergange.
Mens kan heerlik ontspan langs die swembad. Die huis is ruim met ‘n gimnasiumtoestel, ‘pool’ tafel, DSTV hotel opsie (geselekteerde kanale), mikrogolfoond, gasstoof, elektriese oond, yskas, ens. Die huis is gemaklik en smaakvol gemeubileer en toegerus vir selfsorg met beddegoed, handoeke, kombuistoebehore, ens. Slegs swemhandoeke moet saamgebring word.
Die landgoed is baie veilig met 24uur sekuriteit, ‘n elektriese heining en streng beheerde toegang.
Buitemuurse aktiwiteite sluit in wildritte, natuuruitstappies, bergfietsry, tennis, golfbaan, golfwinkel en klubhuis, voelkyk, swem.
Koro Creek Golflandgoed is die perfekte akkommodasie vir naweke, vakansies en ook oornag besigheidsreisigers. Dis die perfekte destinasie met omliggende areas wat ryk is aan historiese, kulturele en argeologiese besienswaardighede.
Nabygelee fasiliteite en aktiwiteite: restourante en koffiewinkels, verskeie winkels, dokters, perdry safari’s en perdepieknieks, Aardwolf avontuurbaan vir 4x4 en vierwielmotorfietsryers, Nylsvlei (Suid Afrika se grootste vleiland area en voelspesies), slangpark, reptielpark, De Wild Cheeetah Sentrum, Donkerpoort Dam vir visvang en watersport, krokodilplaas, valskermspring, jag, kaasproe plaas, oudhede/antiekewinkel, kabelkar, skoonheid en ander salonne soos Leeuwenhof Country Lodge, museums, ens.
Nylstroom hou die bekende jaarlikse Druiwefees in Januarie met gunsteling Afrikaanse gaskunstenaars wat optree.
Enkel en dubbel kamers is beskikbaar, slaap 8 mense